Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 27 OKTOBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE 2020 SARL 95 NASIONALE KONVENSIE

OKTOBER RAE-UITSLAE VRYGESTEL

en

WRC-19 OPEN OP 28 OKTOBER

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

OKTOBER RAE-UITSLAE VRYGESTEL

Die uitslae van die Oktober RAE is gister bekend gemaak en kan op die SARL-webwerf gevind word. Baie geluk aan al die suksesvolle kandidate en ons hoop om jou binnekort op die lug te hoor.

Ongelukkig is daar 'n aantal kandidate wat nog nie al die eksamen administrasie voltooi het soos benodig nie. Jy sal die ontbrekende dokumentasie moet voorsien voordat jou roepsein aan jou uitgereik word.

DIE 2020 SARL 95 NASIONALE KONVENSIE

Die Sandton- en Hammies-ARKs bied die naweek van 3 tot 5 April 2020 die 2020 SARL 95 Nasionale Konvensie aan by die Wanderers-klub in Illovo, Johannesburg. Die SARL Simposium word op Vrydag 3 April met die SARL-AJV op Saterdagoggend 4 April aangebied. Die SARL 95 Fees Dinee en Dans word Saterdagaand aangebied met Eddie Eksteen en die LM Radio orkes.

Waarom SARL 95? Die SARL word in 2020 95 jaar oud en daar sal aansoek gedoen word vir 'n spesiale roepsein.

Lede word hiermee uitgenooi om mosies vir bespreking by die AJV voor te lê, asook om nominasies vir die verskillende SARL-toekennings en trofeë in te dien. 'n Oproep word ook gedoen om die vyf vakatures op die Raad ingevolge die Grondwet en Reëls te vul. Die raadslede wat uittree, kan benoem word as hulle bereid is om weer te staan. Die betrokke dokumente kan gevind word op die AJV-dokumente-bladsy in die Slegs Lede afdeling. Die sluitingsdatum vir mosies en nominasies is middernag Vrydag 31 Januarie 2020 en moet aan die SARL-sekretaris gestuur word.

WRC-19 OPEN OP 28 OKTOBER

Die 2019 Wêreld Radiokommunikasie Konferensie open op Maandag 28 Oktober in Sharm el-Sheikh, Egipte. Die vergadering, wat vier weke duur, sal deur drie duisend afgevaardigdes van die meeste lande regoor die wêreld bygewoon word en sal veranderinge aan die ITU-radioregulasies bespreek en daar oor stem.

Die IARU en sy lede-verenigings sal daar wees om die amateur- en amateur-satelliet dienste te verteenwoordig met 'n span van 14 mense uit tien lande. Die volgende is veral van belang vir IARU:

Agenda-item (AI) 1.1, om spektrum in die 50 - 54 MHz streek aan die amateurdiens in Streek 1 toe te ken

AI 1.13 om nuwe spektrum van internasionale mobiele telekommunikasie te oorweeg, wat 'n impak op amateur spektrum op ongeveer 47 GHz kan hê

AI 1.16 wat die amateur spektrum van 5 GHz kan beïnvloed

AI 9.1.6 oor draadlose krag oordrag, waar harmonieë van WPT-stelsels die MF/HF-radiospektrum kan beïnvloed

AI 10 - waar dit moontlik is dat toekomstige agendapunte by WRC-23 die amateurdiens kan beïnvloed, insluitend die 1 240 - 1 300 MHz-band.

Hierdie vergadering is die hoogtepunt van vier jaar se werk deur die IARU in ITU en streeks-telekommunikasie-organisasies om die toekenning van frekwensie aan amateurs dienste te beskerm en te verbeter. Die IARU-span sal opdaterings voorsien soos die konferensie vorder. Die WRC het 'n uitgebreide agenda waarvan die amateur sake maar 'n klein deel uitmaak. Besoek www.itu.int/en/ITU-R/conferences/wrc/Pages/default.aspx vir meer inligting oor die WRC.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

RaDAR UITDAGING OP 2 NOVEMBER

Die derde en laaste RaDAR Uitdaging vir 2019 vind plaas van 00:00 UTC tot 23:59 UTC op Saterdag 2 November 2019, maar jy hoef slegs vier uur te werk. Die RaDAR Uitdaging is nie 'n 'kompetisie' as sodanig nie, dit is 'n individuele uitdaging. Alle amateur bande word toegelaat, insluitend kruis-kontakte via amateur radio satelliete. Modusse - gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus. Vanaf 2019 word die WARC-bande ingesluit.

Die uitruiling is jou roepsein, jou naam, RS (T) -verslag en ruit verwysing. Die ruit verwysing van ses karakters is aanvaarbaar, maar moet verkieslik akkuraat wees tot 8 of 10 karakters vir hoër posisie akkuraatheid. Jy verdien 1 punt per QSO en dan is daar vermenigvuldigers wat gebruik moet word. Kry al die inligting op bladsy 30 van die 2019 SARL Blouboek.

BHF EN RF GERAAS WERKSWINKEL op 23 NOVEMBER 2019

Bespreek nou vir die laaste geleentheid van 2019. Die BHF en RF Geraas werkswinkel word op Saterdag 23 November 2019 by die NARS gehou. Die program en die besprekingsvorm is beskikbaar deur die skakels op die SARL-webblad te volg. Leer hoe om geraas te versag wat deur die kragstroom gegenereer word en wat die swak seine van HF en BHF beïnvloed, nuwe opdatering van bakens, die telegram BHF-waarskuwingstelsel, aktiewe antennas, snuffel geraas uit in jou radiokamer, binnelandse Troposferiese geleiding en meer.

SAOEDI-ARABIË EN SEYCHELLE SLUIT BY DIE IARU AAN

Die IARU-lidlande het gestem om die Saoedi Amateurradiovereniging (SARS) en die Seychelle Amateurradioassosiasie (SARA) tot lidmaatskap toe te laat.

SARS is op 25 Junie 2018 gestig en word wetlik geregistreer/erken om die amateurs van Saoedi-Arabië te verteenwoordig. Vanaf Januarie 2019 was daar 66 lede uit 'n totaal van 479 gelisensieerde radioamateurs in die land.

SARA is in Desember 2018 gestig en is op 31 Desember by die Seychelle-regering geregistreer. SARA het ses lede, waarvan twee gelisensieer is. Daar word geglo dat daar vier gelisensieerde amateurs in Seychelle is, 'n aantal wat SARA hoop om te vergroot.

Saoedi-Arabië en die Seychelle is in ITU-streek 1 wat ook ooreenstem met IARU-streek 1. Hul IARU-lidmaatskap het op 9 Oktober 2019 in werking getree na afloop van die stemmings prosedure soos uiteengesit in die IARU-grondwet.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan veral met sonsondergang goeie DX openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

vandag - die CQ Wêreldwye ESB-kompetisie en die PEARS HF-kompetisie
2 November - die RaDAR Uitdaging en die Pretoriase ARK snuffelmark
9 en 10 November - die SARL Analoog BHF/UHF-kompetisie
10 November - Herinnering Sondag (101 jaar sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog)
11 November - die sluitingsdatum vir RaDAR logstate
18 November - die sluitingsdatum vir PEARS HF logstate
23 November - die SARL Newbie Naelloop en die BHF / RF Geraas Werkswinkel
23 en 24 - die CQ WW DX Gelykgolf-kompetisie
30 November - die Wesrand snuffelmark

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die uitslae van die Oktober RAE is gister bekend gemaak en kan op die SARL-webwerf gevind word. Baie geluk aan al die suksesvolle kandidate en ons hoop om jou binnekort op die lug te hoor.

Ongelukkig is daar 'n aantal kandidate wat nog nie al die eksamen administrasie voltooi het soos benodig nie. Jy sal die ontbrekende dokumentasie moet voorsien voordat jou roepsein aan jou uitgereik word.

Lede word hiermee uitgenooi om mosies vir bespreking by die AJV voor te lê, asook om nominasies vir die verskillende SARL-toekennings en trofeë in te dien. 'n Oproep word ook gedoen om die vyf vakatures op die Raad ingevolge die Grondwet en Reëls te vul.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003